Ek is EK gebore





EK is EK gebore
As ek veronderstel was om
Gedefinieer te word deur punte op papier
Of deur woorde in n woordeboek
Sou ek nie MENS gebore gewees het nie.

As EK veronderstel was om beperk te wees deur marges op n opstel of lyne op n vlag.

Sou EK nie die vermoens gehad het om
Skeppend te wees nie.

As ek veronderstel was gedefinieer te wees deur haat teen my naam of n skandelike verlede.

Sou ek nie EK gebore gewees het nie.

© 2021

Comments

Popular Posts