Een van daai gedigte






(Sommige gedigte is nou maar so, sonder struktuur of rym, maar vol emosie en waarheid. Geskryf oor iemand wat eens iemand, se iemand was)

n Diamant is 'n klein kosbare, skitterende steen en die hardste edelsteen én hardste natuurlike materiaal wat daar is.

My Diamant kan die seer net Ophou?
Ophou!

Ek is uigeput met myself baklei
Kan dit net Ophou!
Ek is moedeloos vasgehou
Ek is magteloos lief-ge-he
Ek is genadeloos verwyt
Ek is seer getreur

Ek gaan n verdere leeftyd in die spieel na
Myself kyk en die Letsel op my bolyf sien terug-kyk

Ek is weerloos teen die herinneringe
Kan dit maar Ophou?

Ek is reg om jou te laat gaan






Comments

Popular Posts