Uitgeverf





Daar was die kere wat ek aan jou
Vasgeklou het
Net-Net
Dalk ook net plek plek
Terwyl jy gedink het dat
Ek laat gaan eintlik
Die besef dat jy al lank voor dit ons
Moertoe kwas weggegooi het, het eers later gekom

Ek het onbewustelik daarna bly soek
Om die krake toe te verf

Ek wou bly verf
Self toe jy my klaar uitgeverf het

Jy het geheimsinnig al maande voor dit met n nuwe kwas op n skoon doek begin verf







Comments

Popular Posts