'Lockdown Ode' vir my Reisgees




O' heilige onrus
Hoe sal ek ooit weer dieselfde kan wees
Nadat ek jou gevind het?
Jy vir wie ek my hele hart ontbloot het
Jy vir wie ek meer as net vriendskap gegee het

Ons streep is in die sand op Victoriabaai getrek
Ons menswees verkondig tussen die hange van Meiringspoort

Hierdie liefde is nie kwaadwillig, afgunstig of jaloers nie
Hierdie liefde is kompleks
Bedoelend
Onafskeibaar
Geneesbaar

Ek weet dat ons samekoms nie beskore is vir hierdie
Lewensnarratief nie,
Maar ek weet dat die sterre saans vir ons kyk
Ons beny
Want selfs wanneer ons geskei is,
Is ons Een
Dit sal my troosvervanger tydelik wees
Tot ons weer ontmoet




Comments

Popular Posts