So kom kry ek my






So sit ek nog
Onbewus
Van die stories en die werklikhed wat soos n action movie in my siel afspeel
Op die stoep van my groei jare in die Klein Karoo
Op een van die warmste aande
Met my liefkooste glasie wyn in my hand
En ek dink terug aan die jare voor Nou
Die Liefde en Verdwaal en Veg en Kalm bly
Die Op en Af = Wees en Hardloop en Verstaan en Lief wees
Die Mens en aan my Ma Mona

En die mengelmoes van gedagtes is op so 'n mooi aand partykeer net te veel
Maar op 'n Karoo aand, wanneeer stil-wees antwoord gee aan mens-wees
is die memories weer net te min

En so kom kry ek my

Verlore

Niks anders maak nou saak

Nie

die oorlewing tot nou
die geluk en swaarkry
die lag en trane
die pad met al sy verkeer en tekens

Niks

Kon jou langer hier by my laat bly nie

En so is 'n maand al amper verby - Weg van my

En die skrywer van die soeke na liefde en menswees

sal verewig en ewig na jou verlang

2011

Comments

Popular Posts