Die Skaduwee Meester


 

n Man van veelvuldige vlakke

Onbereikbare dieptes, dieper as die ‘Challenger Deep’

Van die Stille Oseaan

Sy glimlag het stil geraak

Sy nuwe wyse oë kyk regdeur jou

Sonder om vir n oomblik die intensiteit van die waarheid te verklap

Sy goed beplande woorde vloei soos teks uit n uitverkoopte, top verkoper boek

Elke woord sorgvuldig neergelê en met geloof opgeëet

 

Wie is hierdie vreemdeling wat jou betower en tog met n onsigbare kuns niks

Van hom verklap?

 

In die skadu van hierdie nuwe grondgebied

Brand n rooi vuur nog in sy Hart

n Nuwe Identiteit

Die Skaduwee Meester

©2022

Comments

Popular Posts