London City W6



Ek het lankal terug ‘n gedeelte van my hart in Spaanse Passie
In hierdie Rooinek land gelos
‘n Plek waar ‘n mens maklik iets kan verloor – Dit misplaas
Tussen 1 minuut “stops” en “mind the gap”
Die gemaklike gedans van die Trafalgar
Of in die Piccadilly Circus
Soek ek ‘n bekende gesig
Tussen die hordes se gejaag
Na die Underground
Rustigheid
Corner Pubs
Hitte
Geliefdes
Vind ek net die emosielose
Geluidlose
Uitdruklose
Gestaar na niks



Comments

Popular Posts