London City W6
Ek het lankal terug ‘n gedeelte van my hart in Spaanse Passie In hierdie Rooinek land gelos ‘n Plek waar ‘n mens maklik iets kan verloor – Dit misplaas Tussen 1 minuut “stops” en “mind the gap” Die gemaklike gedans van die Trafalgar Of in die Piccadilly Circus Soek ek ‘n bekende gesig Tussen die hordes se gejaag Na die Underground Rustigheid Corner Pubs Hitte Geliefdes Vind ek net die emosielose Geluidlose Uitdruklose Gestaar na niks