EK | n Gedig




EK | n Gedig

My wereld behoort aan my en my rugsak
Ek behoort nerens en aan niemand nie
Ek gee my liefde vrylik weg
Want dit is myne

Ek is n man
Ek is n wolf
N 'devine' menslike gees
Ek gee toe maar ek is nie swak nie
Dit is my mag

Ek kyk in die spieel en sien myself
Met al my letsels
Ek ken hulle
Dus beteken dit niks vir my as jou wereld
Hulle uit-wys nie
Ek is nie verplig
Om iets te se
Te reageer
Of te doen nie

Ek vertel my stories en praat soms in raaisels
Ek het die nood om die wereld te beindruk
Van my af-ge-was
Ek is Vry
Want 'geskinder' en 'persepsies' is twee henne
Wat loop op iemand anders se werf

Ek is my eie slaappil want ek val in my skuld
My wereld behoort aan my en my rugsak
Want dis myne

20 Maart 2020



Popular Posts