Spruit | n Gedig 06.03.20
n Rooi sonneblom sal groei
Met soveel prag om te wys
Maar die wind sal ook waai
Om die reen en sneeu aan-te-kondig
Bewend in die koue
Terwyl sy wag vir haar blare om te ontvou
Nog heeltemal te broos om te hou
Alhoewel al haar punte smeek
Om uit goud te ontplof
Vas gewortel in moeder aarde
Staan sy geluidloos
Die oorweldige gevoel van versuip
Tot die rooi son haar streel
Sy staan sterk en hoog
Die bietjie donker van die nag
Word ontvang met die duidelikheid van die dag
Sterker en hoer,
Dis waarvoor sy veg
Comments
Post a Comment