Voor-winter-reen







Ek dans kaalvoet in die reen
Terwyl die saggies sous 
Op die rooi-sinkdak van my pandokkie
Ek wil elke druppel tel
Die reuk van die nat-grond
Hou my, hou my knus vas
God se wonder
Dit raak stil binne my
Die prag maak my koppie vol
Die rooi-sinkdak van my pandokkie
Bepaal die ritme van die musiek
Van hierdie reen konsert
Dan breek te eerste sonstraal deur
Weg is al die kommer en seer
Ek lag uit my maag
Vernuwe agter gelaat
Skoongewas
Vry



Comments

Popular Posts